Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die tegnici by die stadsraad krap al maande kop oor klagtes dat Vodacom telefoonnommers nie die munisipaliteit kan skakel nie.

Dit kan tog nie wees nie? Die tegnologie is mos deesdae so gevorderd, hoe is dit moontlik? 

Klerksdorp Rekord het ondersoek ingestel en met raadslede en tegnici gepraat, en selfs vanaf ‘n Vodacom-nommer die stadsraad se skakelbord probeer bel. Die oproep is net afgesny.

Volgens DA-raadslid Johannes le Grange is dit ‘n penarie en dit lyk asof niemand die oorsaak kan kry nie. Hy kry gereeld klagtes daaroor.

Tegnici by die stadsraad wat naamloos met Klerksdorp Rekord gepraat het, is raadop, want die oproepe lui nie eens op hul skakelbord nie. Hulle kan dit nie ondersoek as dit nie by hulle lui het. Dit is nie die stadsraad wat die Vodacom nommers afsny nie; hulle ontvang glad nie die oproepe nie.

Klerksdorp Rekord het verneem dat die munisipaliteit onlangs van diensverskaffer verander het, van EOH na BCX, en dit is insiggewend, want Vodacom ontvang die oproep wat jy maak en herlei dit na die diensverskaffer wat dit dan deurskakel na die nommer wat die oproep ontvang. Dit gebeur alles binne sekondes. 

Die moontlikheid bestaan dat Vodacom steeds die ou diensverskaffer gebruik en dan gaan die oproep verlore!

Klerksdorp Rekord het met Vodacom gepraat en aanvanklik was die antwoord “die fout lê nie by ons nie”, maar na verduideliking dat diensverskaffers verander is, blyk dit die rede te wees. Vodacom het onderneem om die probleem op te volg en hopelik sal almal binnekort weer die stadsraad kan bel.