Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Daar is steeds geen spoor van die vermiste James Swanepoel nie.

Sy ouers het die afgelope week hospitale en lykshuise besoek om self te kyk of hul geliefde James nie dalk daar is nie. Die Swanepoels het 
Dinsdagaand 11 Oktober moedeloos teruggery Thabazimbi toe. James se vyfjarige seuntjie woon by hulle en hulle is rasend van bekommernis. 

“Dit is glad nie hoe hy is nie. Ek het net ‘n slegte gevoel oor hierdie hele ding, hoe langer dit vat en ons hoor niks van hom nie. Dit is asof hy nie meer daar is nie,’’ sê sy ma, Natasha die woorde wat sy nie eintlik hardop wil sê nie.

James het op 17 September weggeraak nadat hy vir familie in Wilkeville gesê het hy gaan sy vriendin, ‘n getroude vrou, by die winkelsentrum in Songloed ontmoet. Hy en die vrou was glo al ‘n geruime tyd in ‘n vurige liefdesverhouding betrokke. Dit is die laaste keer wat James gesien is. Hulle het hom ‘n week later as vermis by die polisie aangemeld.

Volgens kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, moet mense onthou daar is nie ‘n 48 uur wagtyd om vermiste mense aan te meld nie. “James is eers 8 dae na hy vermis geraak het as vermis aangemeld. Die saak word ondersoek en leidrade word opgevolg, maar op die stadium is daar nog niks wat kan dui op waar hy hom bevind nie.’’

Vir Natasha is dit baie moeilik om vir haar kleinkind te sê pappa is weg. Sy het intussen probeer kontak maak met die vrou met wie James in ‘n verhouding was.  “Haar man het vir my gesê hy moes dringend terugkeer uit Amerika waar hy werk om vure hier te kom doodslaan nadat sy vrou se verhouding met James op die lappe gekom het. Hy het tot vir my sy vliegtuigkaartjie gestuur om te wys hy het in Suid-Afrika gekom nadat James weggeraak het. Hulle probeer nou hulle huwelik red en is by die see op vakansie. En ek soek my kind. Ek het nog baie vrae, maar is aangesê om deur hulle prokureur te werk. Hulle wil glo ook nie met die polisie praat nie en die ondersoekbeampte is gesê om hulle prokureur te kontak.’’

James is laas in ‘n wit Toyota Sprinter met registrasienommer NLF 813 GP gesien. Daar is ook nog geen teken van die voertuig nie.

Enigiemand wat moontlik inligting het oor waar James is, word versoek om sers Jacobus Gabanyane te skakel by 082 416 0817. Inligting sal vertroulik hanteer word.