Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Twee voertuigdiewe is dood nadat hulle vir die polisie weggejaag het in die gesteelde voertuig en toe beheer verloor het.

Die voertuig is gedurende die nag van 23 Januarie by die taxi terminus gesteel waar die eienaar van die motor glo sy roes lê en afslaap het. Volgens kapt Aafje Botma, polisiewoordvoerder, is die 46-jarige man uit sy voertuig geruk en het die twee rowers daarin gespring en weggejaag.

Polisielede op patrollie het die voertuig opgemerk en agternagesit terwyl dit op vol spoed weggejaag het. 

Die jaagtog het op die Orkney/Klerksdorppad tot ‘n einde gekom toe die silwergrys Toyota omgeslaan het. Die bestuurder en passasier is albei op die toneel dood.