Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Hartbeesfontein - Die hoof van die plaaslike laerskool is verlede naweek in die Wilmedpark hospitaal oorlede
Lood Breytenbach (60) het ‘n knievervanging gehad en is weens komplikasies na die operasie oorlede. Volgens ‘n kollega, Debbie Botes, is dit ‘n groot skok vir die skool en sy personeellede.

“Ons hoof was glad nie siek nie. Ons het hom terugverwag by die skool en toe is hy oorlede na komplikasies op Saterdag 13 Julie,” vertel sy geskok. Verskeie skole in die Kosh-gebied het vandeesweek boodskappe van medelye met die afsterwe van die skoolhoof gedeel.

 

 

 

 

Hy het vanjaar 60 geword en sou glo saam met sy vrou, Elise vanjaar afgetree het. Sy is ‘n onderwyseres by die skool. Sy het nie kans gesien om met die media te praat nie.

“Sy dood is so onverwags. Elise sê sy sal nou maar moet werk tot sy 65 jaar oud is, maar sy is ‘n sterk vrou. Hy het vir haar ‘n lys met takies gelos wat by die skool gedoen moet word terwyl hy in die hospitaal is, maar nou kom hy nooit terug nie.”

Debbie en Lood het saam in 1994 by die laerskool begin. Hy het in 1998 hoof geword. “Hy was soveel meer as die hoof. Hy was ons ‘handyman’ en hy was so goed met die kinders. Hy en Elise was so ‘n gelukkige paartjie. Hulle het nog hande vasgehou en was so goeie voorbeeld vir ons. Ons gaan hom so mis,” sê sy.

Die Breytenbach-egpaar het twee kinders. Albei is getroud en Lood het verlede week gehoor hy gaan oupa word.

Sy begrafnisdiens vind om 14:00 op Maandag 22 Julie by die NG Kerk Hartbeesfontein plaas.