Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Die bekende sportfotograaf, Mario van de Wall, is skielik oorlede na ‘n kort siekbed. 

Hy het aan diabetes gely en was in die hospitaal nadat albei sy voete onlangs geamputeer is.

Van de Wall (62) was bekend op en van die sportveld af en was die laaste jare die Luiperds Rugby-unie se fotograaf. Die Potchefstroom Herald het in ‘n huldeblyk geskryf dat hy vir jare ikoniese sportoomblikke in Potch met sy lens vasgevang het. Hy was gereeld op die sportveld en terwyl sy siektetoestand verswak het, het hy nog steeds alles gegee om die aksie op die veld af te neem. 

Hy het as nuusfotograaf gewerk vir Die Volksblad en daarna vir Beeld voordat hy vryskut gegaan het.

In die afgelope 10 jaar het Van de Wall foto’s vir Gallo Images, Varsity Sports en ander agentskappe geneem. As daar sport in Potch plaasvind, was Mario langs die veld met sy langlens en kenmerkende stoeltjie. Hy is ook langs Klerksdorp se sportvelde gesien tydens groot wedstryde.

Hy het ook gereeld foto’s as vryskut bygedra vir plaaslike koerante.