Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Salomé Kotzé

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Iemand het eendag gesê jy sal net een keer in jou lewe ware liefde ervaar.

Vir my was dit David en Ida Janse van Rensburg. Twee mense wat mekaar foute-en-al liefgehad het - en nie skaam was om hul liefde vir die wêreld te wys nie. 

 

Ida was nog nie eers 20 nie, toe die paartjie hul huweliksbeloftes afgelê het. For better for worse, for richer for poorer, in sickness and in health, to love and to cherish, till death us do part.

Hulle het in Januarie hul 27ste huweliksherdenking gevier. Vir David was Ida die mooiste mens wat lewe. Sy bynaam vir haar was Vleisie, en hy was nie skaam om te sê hoekom nie. Dit was David. ‘n Rowwe diamant. Swartbelt in karate. ‘n Kampioen in sy sport. Altyd kompeterend. Iemand wat kon hard werk, hard speel en sy gesin eerste gestel het.

Soos die jare aangestap het, het die sakke sout ook swaarder geword om te sluk. David se werk het hom dikwels vir lang tye na die buiteland geneem en Ida moes alleen tuis die fort hou met drie kinders. Alles was nie altyd maanskyn en rose nie. Uitdagings was daar baie, maar daai skitter in haar oë, as Ida van haar Davey praat, het nooit verdwyn nie. 

For better or worse, onthou.

Met die kinders uit die huis, en David wat weer in Tanzanië begin werk het, het die twee ‘n liefde vir stap ontdek en dikwels die afgelope maande op sosiale media video’s van hul staptogte gedeel. Eintlik bedoel vir die kinders, maar vriende het net so lekker saamgekyk. En gelag. En dalk ook ‘n bietjie jaloers gewees op die paartjie wat hul liefde vir mekaar so gemaklik wys.

Nou kom die ‘till death do us part’ deel. David (51) is Donderdag 28 November in ‘n motorongeluk in Tanzanië dood. Ida het die tyding twee dae later gedeel. “My hart is gebreek. Ek en my kinders rou.’’ Dit het nog nie ingesink nie.

‘n Roudiens word op Saterdag 7 Desember om 11:00 gehou by Die Herberg Stilfontein gemeente. Die lyk is nog in Tanzanië, waar hy later veras sal word. Hul twee seuns, Jonathan en Donavan, sal dit bywoon en hul pa huis toe bring na Ida en hul dogter, Chanel.

Ida was voorheen advertensiebestuurder van Klerksdorp Rekord. Sy het haar eie besigheid, Athlu.