Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia is nog onoorwonne in die Noordvaal skildafdeling en het die afgelope naweek vir die eerste keer na die skoolvakansie kans gekry om hul staal op die rugbyveld te wys.

Hulle het teen die gedugte Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen te staan gekom en die besoekers stert tussen die bene huis toe gestuur met ‘n telling van 48-8. 

 

Die Bruin Bere was vanuit die staanspoor in beheer van sake met hul voorspelers wat die skrums oorheers het. 

Dit was duidelik dat die Klerksdorpers hul ruskans goed benut het en hulle het hul tuisskare met ‘n fees van drieë bederf. 

Heelagter Rieckardt van Heerden het veral geskitter deur 18 van sy span se 48 punte aan te teken met ‘n drie, vyf doelskoppe en ‘n strafskop.

Nog puntemakers vir Wesvalia is Junior Kuhn, Francois Dumond, Joshua Pieters, Hanré Venter, Chad Hofmeyer en Justin Adams.

Wessies se volgende uitdaging is teen Secunda, en hulle sal hul goeie momentum in die laaste twee rondes van die kompetisie wil behou. 

Ander spanne se uitslae: o/16 wen 29-20; o/15 verloor 14-19; o/14 wen 25-14.