NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die plaaslike tak van Halsted het vroue Saterdag by Polly de la Rey bederf met heerlike eetgoed, yskoue vrugtesappe en bederfpakkies. Die saal was pragtig versier en die vroue het heerlik gekuier. Henriette Rautenbach van Halsted het die verrigtinge geopen en Roy Cunning (Halsted-verteenwoordiger) het die gaste meer vertel oor die inhoud van hul bederfpakkies.
Die gaskunstenaar Francois, het onmiddellik die gehoor in die palm van sy hand gehad met die sing van Countrymusiek en ook sy eie “Spel-dit-uit”, “Spotgoedkoop” en ‘n paar goue oues. Hy was voorwaar vyfster-vermaak!
Halsted het ‘n groot kliëntebasis en hul doelwit is om te streef na die beste moontlike diens aan elke kliënt. Halsted bied produkte aan vir elke huis en besigheid, soos hul reeks industriële en huishoudelike skoonmaakchemikalieë en werksklere (Saltyreeks).
Hulle verskaf ook persoonlike beskermings-toerusting (PPE), skoonmaakprodukte, loodgieterswerk en industriële verbruiksgoedere, met die fokus op uitnemende kliëntediens.
Halsted se perseel is in Bantjesstraat. Gaan besoek hulle gerus.









