Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Eindelik is die wagtyd verby.
Die organiseerders vra almal wat gehekel en gebrei het, om Vrydagmiddag, 24 November 2023 om 15:00 (drie uur) by die Klipkerk te wees vir ‘n foto.

Die Blokkieboom is op die terrein van die Klipkerk en staan 12meter hoog. 
Daar is veel meer as 10 000 blokkies. ‘n Nuwe rekord! Dit was ‘n massiewe projek van Mevrou Lichtenburg Elegant Organisasie wat groot lof verdien. Dankie aan elke vrou wat gehelp het om van die projek so groot sukses te maak.

Weereens is dit ‘n bewys wat gedoen kan word met so span geïnspireerde vrouens. Inwoners en die gemeenskap kan die Blokkieboom van naderby besigtig by die Klipkerk se Aandmark, Vrydag. Die blokkies gaan nou aanmekaar gesit word om komberse te maak, sowat 120. Die komberse sal aan Kinderhuise geskenk word. Wanneer kinders onder dié mooi komberse inkruip sal hulle sekerlik die liefde en seën ervaar waarmee elke blokkie met sorg vir hom of haar gemaak is.