Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Kolonel Willem Bekeer, stasiebevelvoerder van die Lichtenburg polisie, is trots om twee nuwe offisiere aan die Lichtenburg gemeenskap bekend te stel. 
Luitenant-kolonel Boitshepo Cassius Mokwena is as die nuwe Sigbare Polisiëringsbevelvoerder aangestel.

Mokwena spog met ‘n 19 jaar volgehoue skoon rekord. Kaptein Tebogo Grey Mobote is die nuwe bevelvoerder van die Vuurwapens- lisensiekantoor. Mabote spog met ‘n 25 jaar volgehoue en skoon rekord. Kol Bekeer is dankbaar vir die aanstelling van die twee offisiere en sê dit maak sy taak net makliker. Hy hoop en vertrou dat hulle hul verblyf in Lichtenburg sal geniet.