Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die klub het hierdie jaar elke maand ’n kompetisie gehou en die gees onder die lede wat gehengel het, was baie goed.
 Daar was ’n paar van die manne wat van die kompetisies gemis het weens beserings en operasies, maar almal is tans weer gesond en was op hulle pos agter die stokke toe die sirene geblaas het om te begin vang.  
Van die damme waar hulle gehengel het die jaar: Barberspan, Rietspruit, Slypsteen, Coligny, Bloemhof, Makwassiespruit en Koidam. 

Die klub bestaan uit gesoute ou hengelaars (regte papgooiers) en dan is daar dié manne wat nog die kuns aanleer om te vang. Daarom is dit so lekker om deel te wees van die groep - jy leer op ‘n lekker manier meer oor hengel. 
As die Hengelklub terugdink oor die jaar, is daar ‘n paar uitstaan-oomblikke soos Niek Pieters wat groot sakke vol visse gevang het en Francois Hartman snr se babers.  Die wat “geblank” het, was daar ook - dié hengelaars wat niks gevang het vir die dag nie. Onder die gereelde hengelaars wat meeste van die naweke daar was, tel Elize Pieters wat baie stof, of eerder water, in die manne se oë geskop het. Ander gereelde hengelaars is Francois Hugo, Neville Hale, Hennie Tompson en Francois Retief. By die klub is dit hengel wat wen. 
Almal in die omgewing wat saam wil hengel, word genooi om op Saterdag, 7 Desember die klub se laaste kompetisie vir die jaar by te woon. Kontak vir Francois op 082 457 6359 of Niek op 0828394894. 
Die Lichtenburg Hengelklub  wens almal ‘n genotvolle Desembervakansie en geseënde Kerstyd toe. Stywe lyne vir almal.