Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
23
Wed, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Eskom Expo vir jong wetenskaplikes is ‘n uitstalling, of wetenskapskou, waar studente ‘n geleentheid kry om hul projekte oor hul eie wetenskaplike ondersoeke ten toon te stel. 

 

By die jaarlikse gesogte Eskom Expo for Young Scientists International Science Fair (ISF) ding gekeurde studente uit 35 Expo-streke in Suid-Afrika dan mee teen die beste jong wetenskaplikes van regoor die land sowel as ‘n paar internasionale deelnemers van Rusland, Mexiko, Ierland, Indië , Turkye, Ghana, Kenia, Mosambiek en Lesotho. Die Eskom Expo is die mees gesogte geleentheid vir jong wetenskaplikes op die vasteland van Afrika. Vanjaar het 14 500 studente deelgeneem. Raees Ahmed Khan van Hoërskool Vryburg was een van die 308 leerlinge wat genooi is om deel te neem aan die International Science Fair wat gedurende die onlangse Septembervakansie plaasgevind het. Die studente het in 13 verskillende kategorieë deelgeneem, met Raees wat in die Ingenieurskategorie deelgeneem het. Raees is een van die slegs 66 leerders wat goue medaljes ontvang het vir projekte waar daar tussen 80-100% toegeken is na uitgebreide beoordeling deur gekwalifiseerde individue in daardie spesifieke kategorie. Verder is spesiale toekennings gegee aan studente wat beoordelaars beïndruk het met hul baanbrekende projekte wat werklike uitdagings deur wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (STEM) aangepak het. Op die spesiale toekenningsaand, het Raees die Spesiale Uitstallerstoekenning ontvang wat ‘n kontantprys van R1000, asook ‘n skootrekenaartablet ingesluit het.