Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
23
Wed, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Durado Spur in Vryburg het op 17 Oktober 1994 sy deure amptelik geopen. 


Die droom om sy eie Spur te besit, was gebore by Abel Fourie, destyds toe hy en sy vrou Corrie en kinders, as gesin in Desember in die Tuinroete vakansie gehou het, en daar in George kennis gemaak het met ‘n Spur. Abel en Corrie was sedert 1994 die trotse eienaars van hierdie spog-restaurant. Hulle dogter, Lani het na skool as kelnerin by die Spur-familie aangesluit. Sy het haarself opgewerk as kassiere en later as junior bestuurder terwyl sy en haar ma, Corrie ook die kelner-opleiding behartig het. Cronjé Malherbe, Lani se eggenoot, het in 1997 ook as bestuurder, deel van die Spur-span geword. Saam het hulle almal gelag, gehuil, hard gewerk, baie sakke sout opgeët, wat Durado Spur elke dag van krag tot krag laat groei het. In 2006, het Lani en Cronjé aandele in die besigheid by ouers Abel en Corrie gekoop en in 2012, het Abel en Corrie afgetree, waarna Lani en Cronjé die besigheid ten volle by hulle oorgekoop het. Op Donderdag, 17 Oktober 2024, 30 goeie Spur-jare later, is hulle nogsteeds deel van die Vryburg gemeenskap en is Durado Spur ‘n huishoudelike naam vir oud en jonk. Die gemeenskap van Vryburg en omgewing en Durado Spur kliënte word bedank vir 30 jaar se lojale ondersteuning. “Vriende sal julle altyd bly. Ons streef daarna om vir die volgende 30 jaar nog sterker en beter as ooit te wees,” sluit Lani af.