Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Tue, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Sanet Strydom,’n kunstenaar en haar studente in samewerking met Enslins Vryburg, het Vrydag, 4 Oktober ‘n baie geslaagde wyn-en kunsveilings ten bate van Rusoord Ouetehuis by Stellaland Laerskool gehou. 
Vanjaar was die derde jaar wat die wynveiling saam met die kunsveiling gehou is. Enslins het wynmakers Jakkaslvlei, Koelenhof en Rupert en Rothchild gekry om elke bottel wyn deur hulle te laat teken, wat vir 142 getekende wynbottels, wat voorwaar versamelstukke is, op die veiling gesorg het.

Vanjaar was daar ook ‘n skenking van ‘The Last One’, wat ‘n 2013 Shiraz is, wat deur Van Loveren vervaardig is ten bate van renosterstroping en wat uiteraard ‘n hoogtepunt op die veiling was. Daar is slegs 1215 bottels van hierdie wyn in 2013 vervaardig waarvan elkeen ook spesifiek genommer is. Alle ander wyn op die veiling was deur Enslins Vryburg geskenk. Die studente van Sanet Strydom, se kunswerke is geskenk om tydens die veiling verkoop te word. Jan van Zyl, is een trotse oupa wat sy kleindogter, Liané van Zyl se skildery tydens die veiling teruggekoop het. Die totale opbrengs van die wyn-en kunsveiling was ten bate van Rusoord Ouetehuis Vryburg. Die veiling het oor die afgelope drie jaar eksponensieel gegroei en die organiseerders is dankbaar vir die ondersteuning van die gemeenskap.