Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Tue, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Prieur Cloete van Vryburg, is ‘n tweede persoon van die distrik wat ‘n rol as akteur in die bekende televisie sepie Diepe Waters losgeslaan het. 
Prieur wou al van sy kinderdae af ‘n akteur wees. Hy het selfs al sy eie film begin skryf, waarin hy die hoofkarakter is. Prieur het in 2022 ‘n Film en TV Spel werkswinkel in Stella bygewoon wat deur Flutterby Produksies en akteur Jacques Gombault aangebied is.

 

Prieur het tydens die werkswinkel ook agter die kameras gehelp. Prieur het einde Augustus vanjaar vir ‘n oudisie gegaan vir ‘n rol in Diepe Waters, wat hy nie gekry het nie. ‘n Week later het Gombault hom gebel en ingelig dat hy ‘n ander rol losgeslaan het in Diepe Waters. Prieur se oudisie vir die ander rol was so goed, dat hulle hom hierdie rol aangebied het sonder ‘n verdere oudisie. Prieur het reeds vir sy eerste opnames gegaan vir ‘n episode van Diepe Waters waarin hy op 4 November op die kassie te sien sal wees. Hy sal ook later in meer episodes verskyn. Jacques Gombault, wie in 2009 aangewys is as beste Afrikaanse akteur, bied op 25 en 26 Oktober, in samewerking met Prieur, weer ‘n Film en TV Spel werkswinkel in Vryburg by Hoërskool Vryburg aan. Kontak vir Prieur op 083 703 6347 vir navrae en besprekings. Daar is slegs 10 plekke oor. Sien advertensie van die werkswinkel op die voorblad van hierdie uitgawe.