Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
30
Fri, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Op 22 Mei 2025 het verskeie plaaslike karatekas uitstekende prestasies behaal deur internasionale kwalifikasies te verwerf onder leiding van wêreldbekende Shihans. 

Hierdie prestasies is ‘n bewys van hul toewyding, harde werk en passie vir die kuns van karate. Lize-Marie Gillespie het met lof die volgende kwalifikasies geslaag: Instructor D, Examiner D en Judge D. Marichelle Botha het haarself ook onderskei deur die volgende kwalifikasies te behaal: Instructor D en Judge D. Sensei Gert van Niekerk het die hoogste internasionale kwalifikasie van die dag verwerf: Instructor A en Examiner C. Lizamarie van Niekerk het haar 2de Dan met sukses verwerf, ’n besonderse mylpaal in enige karateka se loopbaan. Hierdie uitmuntende prestasies getuig van die hoë standaard van karate in die streek en beloof ‘n blink toekoms vir die plaaslike dojo.