Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
30
Fri, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: The Purple Pig, geliefde kulinêre wegneemrestaurant, bekend vir sy heerlike hamburgers, geroosterde toebroodjies en “dirty fries”, en nog vele meer, brei uit met ’n splinternuwe ligging by die Guns and Roses-sentrum in Vryburg, voorheen bekend as Time Out Plaas Kombuis. 
Onder die nuwe eienaarskap van Hendrik van Deventer en Mariette Nel, beloof dié nuwe tak dieselfde gehalte kos, vriendelike diens en warm atmosfeer wat die oorspronklike Time Out Plaas Kombuis so geliefd maak.

“Ons is opgewonde om ’n bekostigbare unieke sit-restaurant-ervaring, met ‘n klein kinkel van normale restaurante, na Vryburg te bring,” sê Hendrik. Die span bedank Lizamarie van Niekerk vir haar bydrae tot die vorige onderneming met die sterk fondament wat sy gebou het en sien uit na wat voorlê. Hou hulle Facebook- en WhatsApp-groepe dop vir die amptelike openingsdatum en meer besonderhede oor die geleentheid. Hendrik en Mariette kan op 064 641 4520 gekontak word vir enige navrae of bestellings uit hulle splinternuwe tak.