Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
23
Wed, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Tydens die derde dag van die Sasol Solar Challenge, waartydens 11 sonpaneelgedrewe motors in verskillende klasse deelneem, het Sondag, 15 September ‘n besoek aan Vryburg gebring. 
Die Sasol Solar Challenge, het Vrydag, 13 September in Secunda afgeskop in die rigting van Sasolburg en Rustenburg en Zeerust en toe koers gekry na Vryburg. 

Vanaf Vryburg het die motors vertrek na Kuruman, dan na Kakamas en Springbok op hulle roete na Langebaan in die Kaap. Die kompetisie sal in Kaapstad eindig en tydens hierdie agt dae uitdaging, word die limiete van sonpaneel tegnologie tot die uiterste in Suid-Afrika se mees uitdagendste omstandighede getoets. 
Daar is plaaslike spanne van die Challenger klas en Innovation klas wat teen internasionale spanne van Nederland en België kompeteer. Een van die voertuie van die Innovation klas is deur Guy Bagnall in sy motorhuis vir omtrent ‘n jaar gebou. 
Dit is die eerste roete wat met hierdie motor, gebou deur Bagnall, gery word en indien hulle in Kaapstad sal uitkom, sal hulle die wenners in hulle klas wees. 
Hulle wil skole en kinders aanmoedig wat nie baie fondse het nie, om ook hulle drome na te streef, want volgens Bagnell, wat ‘n afgetrede nutsman is, het die motor met batterye en alles hom slegs R 160 000 gekos om te bou.