Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
23
Wed, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER - VRYBURG: Twee pensionarisse van Rustenburg, Harry en Rina Von Wielligh, het met behulp van vier polisiebeamptes, hulle onsmaaklike ervaring met kriminele in Vryburg se hoofstraat in ‘n goeie ervaring met die gereg verander. 
Harry vertel dat hy en Rina, Sondag, 15 September voor ‘n bekende hoenderwegneemplek in Markstraat gestop het op hulle roete terug na Rustenburg.

Harry het ‘n karavaan agter sy voertuig gehad en het in Markstraat voor die wegneemplek gestop, waar sy vrou net met ‘n bankkaart uitgeklim het om kos te kry. Harry het stadig vorentoe beweeg in die verkeer, omdat dit moeilik was om te parkeer. Volgens Harry het alle hel die volgende oomblik losgebars. Die deure van sy voertuig word links en regs oopgepluk deur vier vermeende rowers. Soos wat hy vorentoe beweeg het, word sy bestuurdersdeur ook oopgepluk en ‘n maker sê sy voertuig se agterwiel is pap. Harry het toe dadelik peppersproei gespuit wat die makkers toe laat spaander het. Een persoon het ‘n koerant in sy gesig gedruk, waarop hy besef het dat hulle dit doen sodat hy nie sien dat hulle die handsak tussen die twee voorste sitplekke gryp nie. Al hulle bankkaarte en ID dokumente en Harry se selfoon was in handsak. Harry wou net terugkom by sy vrou. Hy het in die verkeer omgedraai en wou by sy vrou kom om haar te beskerm. Hy en sy vrou het polisiestasie toe gery, waar hulle vier vriendelike beampte gekry het wat dadelik gespring het om die kriminele te gaan soek wat die handsak gesteel het. Harry en sy vrou het albei toepassings op hulle selfone wat hulle toe gebruik het om sy selfoon wat gesteel is op te spoor. Rina se foon, wat met Harry se selfoon gekoppel is, het die polisiebeampte toe geneem na ‘n woonbuurt by Vryburg en ook na ‘n erf, waar die polisie gesien het hoe ‘n persoon in ‘n erf in hardloop. Die beamptes het ook gesien hoe die man iets in hoenderhok in die erf ingooi. By nadere ondersoek het die polisiebeampte die man in die erf geneem en die gesteelde handsak van Harry met al die kaarte en selfoon terug gekry. Die kontant wat in diehandsak was, was weg. Harry en die polisie het teruggekeer polisiestasie toe, waar ‘n diefstal saak geopen is en die persoon in hegtenis geneem is. “Ek was baie verlig om alles terug te kry. Die entosiasme en samewerking van die polisielede om ons so vinnig en vriendelik behulpsaam te wees, het my baie beïndruk,” vertel Harry. “Ons wil hierdie vier beamptes, konstabels Louw, Dinoko, McCarthy en sersant Cajee van Vryburg polisiestasie, loof vir hulle vinnige en goeie werk wat hulle gedoen het. As al die polisie hulle werk soos hierdie vier kan doen, sal Suid-Afrika ‘n baie beter land wees. Ek salueer julle,” sluit Harry af.