Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
24
Thu, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Suid-Afrikaners het Saterdag, 10 Augustus vroeg voor die kassie ingeskuif vir die opwindende wedstryd wat gespeel sou word tussen die Springbokke en Australië. 
Teen halftyd het die Bokke met 21-0 voorgeloop en Australië het sonder selfvertroue gelyk, omdat die groot skade teen hulle in die eerste helfte reeds aangerig is.

 

Die Springbokke het Australië vroeg deur hul skopspel versmoor en teen die tyd dat Kwagga Smith en Kurt-Lee Arendse binne twee minute van mekaar in die tweede helfte oorgegaan het vir ‘n drie, was die enigste vraag of dit ‘n geskiedkundige slag sou wees. Die aanval was so presies en doeltreffend dat dit die weg gebaan het vir langafstanddrieë vir Pieter-Steph du Toit en Kurt-Lee Arendse. Jy sal nie die hele jaar ‘n duideliker oorheersing van die skopspel sien as die manier waarop Suid-Afrika die gebied in die eerste helfte beheer het nie. Rassie Erasmus was nie opgewonde gewees met die drie geelkaarte in die tweede helfte nie, selfs al was Suid-Afrika voor met 33-0. Suid-Afrika het met 33-7 in Brisbane, vir Australië vir die eerste keer sedert 2013 gewen. Suid-Afrika het sedert 2009 nog nie die volle ses-wedstryd-weergawe van die Rugbykampioenskap gewen nie, en die skedule vanjaar, met twee tuiswedstryde teen Nieu-Seeland, speel in hul guns. Met hul rekord in Brisbane en om met ‘n bonuspunt te wen, was ‘n ideale begin. Die Bokke maak gereed vir hulle volgende uitdaging teen die Wallabies in Perth, Saterdag 17 Augustus, om 11:30. Springbok afrigter, Rassie Erasmus het Dinsdag sy span vir die wedstryd teen die Wallabies bekend gemaak.