Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
23
Wed, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: ‘n Splinternuwe Vryburg Vet Shop en Doggy Parlour spog met ‘n magdom produkte vir honde, katte, voëls, visse en vele ander troeteldiere.
 Die produkte wat by die Vryburg Vet Shop en Doggy Parlour in Markstraat 228, Vryburg en hulle Vet Shop in Schweizerstraat 61, Schweizer-Reneke beskikbaar is, sluit in kos, kosbakke, klere, beddegoed, medikasie, borsluis en vlooi behandeling, aanvullings en medikasie vir voëls, katte en honde, versorgingsprodukte, bederfies vir katte en honde en vele meer.

Hondekosprodukte sluit in Optiwoof, Montego, Eukanuba, Hills, Royal Canin, Optimisor en Jock om maar ‘n paar te noem. ‘n Besoek aan hierdie bederfwinkel vir troeteldiere is ‘n hoogtepunt in ‘n besige lewe van troeteldiereienaars wat nie vermy moet word nie. Daar is ‘n ontelbare hoeveelheid voëlsade, voëlmedikasie, katkrappers en spesiaal ontwerpte naamplaatjies vir die mens se beste vriend. Die Doggy Parlour is uitstekend toegerus om elke dierbare woefie spoggerig te laat lyk en bederf met ‘n was, sny, blaas, knip van naels en poeier. Besoek vandag nog die nuwe Vet Shop en Doggy Parlour en kontak hulle op 060 933 6669 om ‘n afspraak te maak vir die bederfsessie van jou troeteldier.