BRITS POS – BRITS – Die bestuur van Brits Bloedbank maak van die geleentheid gebruik om van hulle skenkers, wat 100 eenhede en meer geskenk het, hartlik te bedank.
Een eenheid bloed (ongeveer 450ml) kan tot drie lewens red en almal van hulle is dit eens dat dit nie net ‘n voorreg is om bloed te kan skenk nie, maar ook ‘n groot eer om iemand in nood se lewe met die skenkings, moontlik te kan red.
Baie geluk aan John Smith (303 eenhede), Thomas Francis (226 eenhede), Meges Naicker (203 eenhede), Johanna Coetzee (185 eenhede) en Boitumelo Makgopela (100 eenhede).
Sr Selina Muthavhine, bestuurder van Brits Bloedbank, moedig nuwe skenkers aan om ook bloed te kom skenk.
Skenkers kan Maandae vanaf 10:00 tot 18:00, Dinsdag tot Vrydag vanaf 09:00 tot 17:00 en Saterdae vanaf 09:00 tot 14:00 bloed skenk.
Nuwe skenkers moet aan die volgende vereistes voldoen – ouderdom: 16 jaar tot 75jaar, gewig: 50kg of meer, moet oor goeie algemene gesondheid beskik en ‘n veilige leefstyl handhaaf. Dis belangrik dat skenkers iets moet eet voordat daar geskenk word.
Vir enige navrae rakende die bloedbank, skakel 012 250 0010 of stuur ‘n e-pos na