BRITS POS – BRITS - Na deeglike oorweging en besluitneming is Brits-Hartbeespoort Hospice se deure na 24 jaar, finaal gesluit.
“Die besluit is geneem weens ‘n finansiële tekort, sê sr Lynette Janse van Rensburg. “Dit is met groot hartseer dat ons nie kan voortgaan om tot diens van die gemeenskap te wees nie. Baie dankie aan almal wat dit deur die jare vir ons moontlik gemaak het om in die behoeftes van ons pasiënte te kon voorsien.
Sonder julle skenkings en donasies sou dit nie vir ons moontlik gewees het om soveel mense in die gemeenskap se nood te verlig nie.”
“Aan die raadsbestuur, personeel, vrywilligers, pasiënte en families, almal wat deel was gedurende hierdie spesiale jare, wil ek my diepe dankbaarheid betoon.”
Die bestuur en personeel van Hospice betuig ook hulle innige meegevoel aan die Posthumus Meyjes-familie met die afsterwe van die raadsvoorsitter, Mark Posthumus-Meyjes.