Die ses-jarige Sebastiaan Bezuidenhout van Schoemansville is vroeër die week deur die personeel van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) vir sy dapperheid en flink optrede tydens die verwoestende brand in Kosmos in Oktober vereer. Sebastiaan het op Sondag, 20 Oktober deur sy verkyker gekyk en die rook in Kosmos opgemerk, waarna hy dadelik sy mamma in kennis gestel het en sy het HEMS se Station 21 brandweerdiens gekontak.
Flink optrede deur Sebastiaan het tot gevolg gehad dat die brandweerdienste spoedig op die toneel was. Hy het ‘n brandweer kenteken, ‘n sertifikaat en ‘n opwindende rit in die brandweerwa as beloning ontvang. ‘n Baie ingenome Sebastiaan is hier saam met HEMS se Station 21 brandweermanne, Stefan Kriel, Triniti Scholtz (vrywilliger), Riaan Weideman en Gawie Kriel.