Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Vir Niel Coetzee was dit ‘n vierdag wegbreek na stille waters om die storm wat ‘n mens onverhoeds in die lewe betrap, te verwerk, maar min het hy geweet dat sy gebed die tweede aand, na hy die Here gevra het om net een vis te vang, verhoor sou word, maar ook nie net sommer in sy skoot sou val nie.
‘n Paar uitdagings het gepresenteer – eerstens het hy sy skepnette tuis vergeet. Toe die lynalarm halfelf die nag skree, het hy die hoek geset en gevoel daar is ‘n grote aan die hoek, want hy het al ‘n paar 30- en 40-ponders gevang. Blitsig, maar ook angstig is hy met sy boot die dam in waar daar ook krokodille en seekoeie is. 

“Ek het geweet ek moet hierdie vis land,” vertel Niel “want ek was 27 dae heeltemal visloos. 
“Ek het darem die drywende weegsak by my gehad, maar toe ek dit uitsit om die vis daarin te kry, het die wind dit weggewaai en ek moes die boot in trurat kry om dit herwin en toe, om alles te kroon, het my koplamp punte gestuur en in die donker, met net die lig van die maan, wat in ‘n supermaanfase was en soos ure gevoel het, het ek die vis met net die voorslag en genade van Bo in die weegsak gekry en toegerits. Dit was ysig koud en my hande dom. Ek kon dit nie alleen in die boot kry nie, maar met die voorslag in die hand het ek dit agter die boot tot by die oewer gekry.”
Langs die oewer het Niel se assistent, Born, hom ingewag en hulle het dit met ‘n groot gesukkel reg gekry om die karp keer op keer te weeg, om seker te maak van die gewig en nadat hy die weegsak in die water deurdrenk het, het die gewig daarvan op 1,45kg getrek. Toe is die vis in die weegsak geweeg en die skaal het die gewig van die vis bevestig – ‘n knewel van 32,5kg.
Oorstelp van vreugde het Niel sy vriend, Pieter Versloot in die midderte van die nag gebel om hom van dié vangs te vertel. Pieter het ‘n dag se verlof geneem en afgesit na die dam toe en ja, die karp wat die skaal op 71,58lb getrek het, is die eerste karp van 70lb+ wat in Suid-Afrika gevang is en kan as die nuwe nasionale spesiekarprekord aanvaar word. Niel is nie lid van ‘n hengelklub nie.
Die knewelkarp is weer in die dam losgelaat.
Niel skryf dié vangs aan die hulp van God en gebedsverhoring toe.
Gevra of daar, bo en behalwe die vreugde, enigiets anders is wat hy moes gedoen het, antwoord Niel skalks – “Ek moes nog net daardie vis oopbek gesoen het!”
Niel se wenke aan hengelaars:
* My grondvoer en hoekaas was niks buitengewoon nie, net ‘n algemeen bekende mengsel van tigernuts, hennepsaad en mielies en moenie die voerplek snoep nie, sit genoeg grondvoer uit én nog ‘n bietjie;
* Op enige water, soek na die punte wat soos ‘n skiereiland in die dam steek, want karp wei op die bodem en sal om-en-om hierdie punte swem en mosselbeddings is hoogs produktief;
* Moenie groot karp met ligtegerei probeer aanvat nie. Sy stokke is 9vt teleskopiese stokke en die katrolle is 900m x 25-pond vleglyn.
* Moenie moedeloos raak wanneer jy nie dadelik suksesvol is nie, én sê Niel, om spesiekarpe te land, verg deeglike huiswerk en voorbereiding. Met moderne tegnologie het hengelaars toegang tot die internet wat help om die mees waarskynlike en produktiewe plekke te identifiseer en ook waar om jou voer en hoekase te plaas. (Foto’s verskaf)