BRITS POS – BRITS – Die maandelikse byeenkoms van Floret Blommeklub vind vanmiddag (Donderdag, 20 Februarie) om 14:00 in die kerksaal van die Hervormde Kerk, oorkant die munisipale-kantore, in Van Veldenstraat, Brits, plaas.
Nuwe lede en blommeliefhebbers word hartlik uitgenooi om die byeenkoms by te woon.
Volgens die woordvoerder van die klub, Elaine Smith, is die klub se byeenkomste nie net leersaam met allerlei interessante idees om spograngskikkings te maak nie, maar ook baie gesellig.
Pierre Jacobs, president van Gauteng Flora-unie is die demontrateur en gaan ‘n demonstrasie met die tema: “Rangskik op ‘n raam” doen. Floret Blommeklub het reeds in Januarie die jaar se eerste byeenkoms gehad en die blomme-kenner, Liza Tustin het demonstrasies met die tema “My Way” gedoen. Sy het die ontwerpe met vars en innoverende idees gerangskik.
Volgens Liza is daar met dié tema geen voorgeskrewe reëls nie en lede kan absoluut vryheid aan hul kreatiwiteit gee.
Vir meer inligting oor Floret Blommeklub, skakel Sinie Otto by 082 830 0684.