Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Vir die afgelope 45 jaar helder lede van die NG Kerk Sanddrift senior burgers se lewens gedurende die Kerstyd op, met die sing van Kersliedere. 
Dié inisiatief is deur Danie Ehlers begin met net vyf mense wat gedurende Kerstyd vir senior burgers in die Sanddrift-omgewing gesing het.

Dit het jaar na jaar gegroei en Danie het later die leisels aan die seun, Peet Ehlers oorhandig. Peet, in samewerking met sy seun Petrus Ehlers het die gesang in die Sanddrift-omgewing laat voortleef en vir die afgelope 12 jaar is die sanggroep, met meer as honderd lede, ook jaarliks by Brits Rusoord gedurende Kerstyd betrokke.   
Die inisiatief, wat van geslag tot geslag oorgedra is, het ‘n ware Kersfees-tradisie vir baie senior burgers geword en die soet klanke van “engele” wat sing, maak die harte van senior burgers heel jaar warm.