Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Die kurkboom, qurcus suber, is nie ‘n boom wat natuurlik in Suid-Afrika voorkom nie, maar wel in Portugal. 
In 2011 is dié kurkboom as die nasionale boom van Portugal verklaar.
“Kurkbome is vir Portugal soos maroelabome vir Suid-Afrika, jy kan jou nie daarsonder voorstel nie,” vertel Henry Francis, voorsitter van die Pilanesbergtak van die Dendrologiese Vereninging.

“Alhoewel nie van Suid-Afrika nie, gebruik ons tog baie van die interessante boom se produkte. Daar is kurkboomwoude in Portugal wat deur privaat mense besit word en die bas wat geoes word, word deur maatskappye gekoop wat die kurk in produkte verwerk. Die bekendste produk is sekerlik die kurkproppe wat ons in veral wynbottels aantref. Dom Perignon, ‘n unieke vintage sjampanje, het al in 1638 kurk as ‘n volwaardige bottelstopper gebruik.”
Kurkbome word gemiddeld tussen 250 – 350 jaar oud. Alhoewel dit ‘n tydsame en geduldige bedryf is en die bas van die boom vir die eerste maal na 25 jaar gestroop kan word en daarna slegs elke negende  jaar, is dit eers met die derde stroping dat die bas geskik is om goeie gehalte kurkproppe en produkte mee te vervaardig. 
“Die kurk word tussen Mei en Augustus deur vakarbeiders, wat kenners op hul gebied is met  presisie uitgevoer. Die enigste gereedskap wat gebruik word, is ‘n byl met ‘n hout handvatsel om die boonste laag van die boom se kurkbas af te skil. Die doel van die oeswyse is nie net om die bas af te kry nie, maar ook om nie die boom te beskadig nie.”
Die kurkboom het twee beskermde lae en sy bas groei geleidelik terug nadat dit geoes is. Enige ander boom sou doodgaan as sy bas verwyder word. Oestyd is juis in die somer wanneer die boom in sy aktiefste groeitydperk is en die mees opvallende aspek van die oes is dat geen tegnologie gebruik word nie, slegs twee hande en ‘n byl. Die kurkbedryf in Portugal skep duisende werkgeleenthede jaarliks en die bas word gelewer aan maatskappye wat die bas verwerk tot die kurkprodukte wat ons ken, veral kurkproppe.
Ongeveer 66 700 kurkproppe word van een ton kurkbas geproduseer en gesamentlik word 12 miljard kurkproppe jaarliks oor die wêreld heen geproduseer. Kurk is ‘n 100% natuurlike produk wat oor die volgende eienskappe beskik; dit is lig, buigsaam, feitlik ondeurdringbaar vir vloeistof, dis bio-afbreekbaar en herwinbaar. Kurkproppe het ‘n baie kleiner koolstofvoetspoor as skroefdoppe en na ‘n tyd kan sintetiese proppe nie wyn teen suurstof beskerm nie. (Foto’s 1 & 2: verskaf, foto 3 (prop): Theodore Bruce