BRITS POS – BRITS – As deel van hulle betrokkenheid in die gemeenskap gaan Intertoy Toyota se span by nuwe voertuig verkope op 31 Augustus ‘n gesellige Lentedag liefdadigheids-mark aanbied.
Volgens die span by Intertoy het hulle ‘n kinderhuis in Brits as begunstigde geïdentifiseer en het reeds verlede jaar ‘n ruim skenking aan die kinderhuis gemaak.
Saterdag, 31 Augustus vanaf 08:00 tot 12:30 op Intertoy se terrein in De Boerstraat, Brits gaan daar verskeie uitstallers kom uitstal, heerlike eet- en drinkgoed asook vars groente te koop wees. Deur die loop van die oggend is daar hope pret en opwindende kompetisies vir die hele gesin. Alle opbrengste van die oggend word aangewend om in die kinderhuis se behoeftes te voorsien. Almal in die omgewing word hartlik uitgenooi om die oggend te ondersteun.
Vir meer inligting oor die mark of belangstellendes wat skenkings wil maak kan vir Heidi by 074 801 1520 of 012 252 3231 skakel.