Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Marie Prinsloo (89), voormalige onderwyser(es) het jare lank by talle skole in Brits en omgewing aflosposte beklee.
Sy het haar laerskoolloopbaan by Generaal Brink in Voortrekkerhoogte en daarna haar hoërskoolloopbaan aan Afrikaans Hoër Meisies in Pretoria voltooi.

Sy’t besluit om in haar ouers, Giep en Miem Hugo se voetspore  te volg en onderwys aan die Normaal Kollege Pretoria voltooi. Haar pa was hoof en haar ma ‘n onderwyseres aan Laerskool Roodekopjes.
Dié talentvolle vrou het ook talle stokperdjies bedryf en nadat sy afgetree het, het sy blomme gemaak en toe byt die lappopgogga haar behoorlik en sy het letterlik honderde poppe oor die jare van alle groottes gemaak en verkoop en met talle naaldwerkpryse weggestap.
Marie is steeds ‘n dinamiese vrou en kry altyd iets hom haar hande mee besig te hou.
Ons deel graag van die gedenkwaardighede, soos die Voortrekkerkappie (voorblad) en ‘n gedenkwaardigheid - ‘n sopkom en sopkoppies met lesers. (Brits Pos wens Marie ‘n geseënde Vrouedag toe.)