BRITS POS – BRITS – Behalwe vir ons drie Britsboere, Ernst Meintjies, Steph Meintjies en Lambertus Scheepers, is die ander nege deelnemers vanuit al die windrigtings – Potchefstroom, Pretoria, Naauwpoort, Pekanhoek, Jan Kempdorp, Middelburg, Hartswater, Secunda en Ventersdorp.
Versus Promosies het afrigters in elke streek gekry wat die boere ondersteun om so goed moontlik voor te berei.
Die vegters moet nou boks, stoei, Brasiliaanse jiu jitsu en judo onder die knie kry en gevegfiks wees om hulle beste te gee.
Al die deelnemers sê dat hulle ontsettend baie die afgelope ses maande geleer het en nou geesdriftige gemengde vegkuns-aanhangers is en met ander oë na die sport, wat met rasse skrede in Suid-Afrika vooruit gaan, kyk. Kaartjies is by iTickets beskikbaar en dié aand sluit die volgende in: 6 Boeregevegte, waarna die wenner van Moer ‘n Boer aangewys word, 3 Amateur Titelgevegte en 2 Professionele-gevegte – sien jou daar!
Ons wens elkeen van ons boere alles van die beste toe – mag die beste boer wen!
(Foto’s verskaf)