Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Oktober is die hoogtepunt van die lente, die aarde ontplof met ‘n lewendige palet van kleur, geur en klanke wat elke sintuig prikkel.
Oktober is ‘n magiese maand, die koue dae is verby en die somer se versengende hitte het nog nie heeltemal aangebreek nie. 
Landskappe kry ‘n nuwe gesig wanneer bome bot en blomme, met reënboog-skakerings, landskappe inkleur – die ideale tyd om die skoonheid van Moeder Natuur te geniet.

In die omgewing is Oktober ook sinoniem met die bloei van jakarandabome en die pers tapyt skep ‘n dromerige atmosfeer.
Nie net buite in die tuine nie, maar ook emosioneel kan mens die gevoel van hernieude energie en optimisme ervaar. Oktober het ‘n manier om ‘n mens se gees te herlaai.
Wat ‘n wonderlike voorreg is dit nie om onder die blaredak van die pers blomme te loop en die ontsag van ou majestieuse jakarandabome te voel nie.
Ja, die jakarandaboom (Jacaranda mimosifolia D. Don) is ‘n ou boom en is nou wel nie eg Suid-Afrikaans nie, maar dié Suid-Amerikaanse boom van Brasil, is al sedert die 1800’s hier in Suid-Afrika tuis.
Volgens die geskiedenis is die eerste twee jakarandabome in 1888, deur Jacob Daniël (Japie) Celliers, by Myrtle Lodge in Celliersstraat 146, Sunnyside geplant.
Die bome het later die strate van Pretoria en ook ander dele van die land verfraai.
In 1939 is die oorspronlike bome (in Celliersstraat) as ‘n beskermingsmaatreël omhein en ‘n gedenkplaat ter ere van die eerste twee jakarandabome wat in 1888 deur Japie Celliers geplant is, opgerig. (www.theheritageportal.co.za)