Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Hein Klokow (LLB CERT.TAX), eienaar van Secure Legacy, en sy vrou, Christene, ‘n finansiële adviseur, het onlangs na Brits verhuis en gaan hul professionele ervaring en kennis van boedelbeplanning ook in Brits, Hartbeespoort en omliggende areas kom deel.

Hein Klokow, ‘n toegelate prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika en lid van die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika (FISA), het reeds vroeg in 2004 by ‘n internasionale finansiële instelling aangesluit wat uitsluitlik met boedels, testamente, trusts en boedelbeplanning gewerk het. Sy 21 jaar ondervinding in sy kundigheidsveld gee hom wye insig in die praktiese, regs- en belastinggevolge wanneer trusts, testamente en boedels gestruktureer en geadministreer word, in beide plaaslike- en buiteland jurisdiksies. Hy het sy eie sagteware vir die administrasie van boedels, sowel as sagteware vir die bestuur van testamente ontwikkel.
“Ons volg ‘n holistiese benadering en leef volgens ons waardes van familie, uitnemendheid, integriteit en deernis,” sê Hein.
Die span van Secure Legacy help boere, sake-eienaars, professionele persone en gesinne om hul welvaart te beskerm en hul welstand te verseker deur toegewyde en onafhanklike oplossings vir eksekuteursdienste, boedelbeplanning, die opstel van testamente en die opstel en bestuur van trusts.
“Ons glo dat dit van kritiese belang is dat daar na die praktiese-, regs- en belasting-implikasies van ‘n testament gekyk moet word wanneer jy in die proses is om die testament op te stel,” sê hy.
Hein en Christene sal Saterdag, 26 Julie by Die Hoërskool Wagpos se Boeredag en Osbraai wees en belangstellendes is welkom om by hulle kuierstalletjie ‘n draai te maak. 
Kontakbesonderhede: 
Pretoria hoofkantoor: 
012 543 1806 / 078 074 7736, 
Brits en omliggende areas: 
Hein 084 581 8146 of Christene 082 725 3073.