Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – SONOP - Die VF Plus in die Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Hartbeespoort, Mooinooi) het verlede Donderdag ʼn afvaardiging van die Sonop-gemeenskap bygestaan in onderhandelings met Noordwes se departement van openbare werke en paaie om die kragtoevoer na die gebied te herstel.
“Eskom het die kragtoevoer na Sonop en die nabygeleë Khalanyoni al langer as ʼn week gelede afgesny weens ʼn dispuut oor betaling,” sê Elsa Lourens, raadslid van Bojanala Platinum Distriksraad en ook raadslid van Madibeng plaaslike munisipaleitraad.

“Die nedersetting bestaande uit sowat 300 huishoudings, ʼn ouetehuis, ʼn kinderhuis en twee laerskole, is onder die beheer van die departement van openbare werke. “Mnr. Moses Kgantsi, die departementshoof van openbare werke en paaie in Noordwes, het die afvaardiging van VF Plus-raadslede en inwoners van die gebied in Rustenburg te woord gestaan. “Tydens die vergadering het die VF Plus beklemtoon dat die Sonop-gemeenskap reeds vir jare gebuk gaan onder die onsekerheid van watter owerheidsinstelling verantwoordelik is vir watter dienste.
“Alhoewel die gemeenskap binne die gebied van die Madibeng-munisipaliteit val, behoort die grond, geriewe en geboue aan die nasionale departement van openbare werke.
“Hierdie onsekerheid lei gereeld tot ʼn onderbreking in dienste met die verskillende owerheidsvlakke wat toutrek oor wie verantwoordelikheid vir dienslewering in die gebied moet neem. Ná die onderhandeling het mnr. Kgantsi ʼn onderneming gegee dat sy departement teen Dinsdag, 12 November die nodige betaling aan Eskom sal doen om te verseker dat die kragtoevoer herstel word. (Teen druktyd was die kragtoevoer steeds af.) “Die VF Plus sal voortgaan om die situasie te monitor om seker te maak dat die departement sy onderneming gestand doen. Die party sal ook ten nouste betrokke bly en druk plaas op die betrokke owerhede om langtermyn-oplossings vir die dienstekwessies van Sonop te vind,” sluit Elsa Lourens af.