Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Haar passie en deernis vir haar medemens, maak nie net van Chané Honeyball, van Intertoy Toyota, ‘n bekroonde verskoopskonsultant nie, maar ook ‘n uitstekende kandidaat om eersdaags as ‘n Toyota Knight aangewys te word.
Deur die loop van die jaar het Chané verskeie uitreike en gemeenskapsprojekte met groot sukses aangepak en ruim skenkings aan verskeie organisasies, skole en individue oorhandig.

Dis ‘n besonderse eer om deel van Toyota Suid-Afrika se elitegroep Toyota Knights, te kan wees. Om die titel te verdien, beteken dat dat verkoopspersoneel ‘n beduidende bydrae tot die lewensvatbaarheid van die handelaar, deur middel van winsgewendheid, moet lewer, ‘n gebalanseerde professionele verantwoordelikheid in hul werksomgewing, gemeenskap en met sosiale en omgewingsaktiwiteite moet handhaaf.
Toyota Suid-Afrika, het Chané geïdentifiseer as ‘n verkoopskonsultant wat kernwaardes soos integriteit en lojaliteit uitleef en in haar gemeenskap met liefdadigheidsprojekte terugploeg.
Twee van haar groot projekte die jaar was die Brits Plaas Drags en die skenking van ‘n baie spesiale rolstoel aan ‘n plaaslike parapleeg.
“Vanjaar was die eerste keer wat die Brits Plaas Drags plaasgevind het en dit was baie meer as net wiele, rook en adrenalien, dit was ‘n dag waar ons as gemeenskap saam gestaan het om ‘n verskil te maak,” sê Chané. “Ek het besluit om Meerhofskool as begunstigde van die projek te maak. Na afloop van die projek het ons ‘n ruim kontantbedrag aan die skool, ten bate van die leerlinge geskenk.”
“Die vreugde in daardie klein gesiggies, die dankbaarheid in hul oë en die wete dat ons saam ’n positiewe verskil gemaak het, is die rede hoekom die titel van ‘n Toyota Knight so ‘n groot eer en voorreg is.
Vroeër die jaar het Chané ook ‘n groot verskil in die lewe van ‘n 21-jarige jongman gemaak. Hy is ‘n parapleeg na ‘n ongeluk en Chané het ‘n baie spesiale rolstoel aan hom oorhandig.
“Die rolstoel kan nooit sy trauma uitwis nie, maar dit beteken beweeglikheid, ’n kans op onafhanklikheid en bowenal waardigheid,” sê sy. 
Toyota Suid-Afrika kondig eersdaags die nuwe Toyota Knights aan en soos Chané sê sal dit natuurlik ‘n groot eer wees om die titel as ‘n Toyota Knight te dra, “maar om na iemand in nood uit te reik en ‘n verskil in mense se lewens te maak, is vir my die beste beloning en die grootste eer.”