Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Lede van Brits Vroue Landbou-unie het gedurende die tak se September-vergadering, die koms van die lente op kleurryke wyse by ‘n plaaslike restaurant gevier.
Die tafels was kleurryk versier met ‘n oorgawe van blommeprag en lede wat die geleentheid bygewoon het, is elkeen met ‘n lente-geskenkie bederf.
Die sprekers vir die dag was Christelle Maré van Ons Huis en sy het meer van die werksaamhede by Ons Huis, ‘n tuiste vir kinders in veilige bewaring, gesels.

“Ons strewe daarna om meer vir die kinders te doen as net om na hulle fisiese behoeftes om te sien,” sê Christelle. “Ons moedig kinders aan om aan buitemuurse-aktiwiteite deel te neem, daar word lewensvaardighede soos finansiële begroting aangeleer en Ons Huis bied hulle die geleentheid om deel van ‘n “normale huisgesin” te wees.” Die VLU Brits-tak het Christelle en haar span geloof vir die onbaatsugtige belegging wat hulle in die kinders se lewens maak.
Verdere verrigtinge van die dag was ‘n inligtingsessie deur James McCarthy, voormalige hoof van Laerskool Olienpark, rakende die detail van die veelbesproke BELA-wet en hoe dit skole raak. James het lig op kwelpunte gewerp en bendaruk dat moedertaalonderrig nie onderhandelbaar vir kinders in Suid-Afrika, behoort te wees nie.
Die verrigting is afgesluit met ‘n keurige driegang-maaltyd wat in goeie smaak bedien is. Die VLU Brits-tak bedank graag Tieneman Janse van Rensburg en haar opvoedingspan vir die seepgladde organisering van die dag.