Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Om ’n onderwyser te wees, is ’n uitdagende en soms ondankbare werk. 
En tog bly dit vir vele ’n roeping. Hierdie onderwysers kyk verby die oorvol klaskamers, die beperkte hulpbronne en die ekstra ure vir buitemuurse aktiwiteite; hulle sien hoe ons kinders blom wanneer hulle weet dat hulle gesien en gehoor word.

Vrydag, 4 Oktober 2024, word Wêreldonderwysersdag gevier en FEDSAS, (die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole) wat die behoud en bevordering van gehalte-onderwys in dié skole voorstaan, se boodskap aan hierdie onderwysers is: Ons sien én hoor julle. 
“Terwyl die BELA-wetgewing (Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette) steeds die meeste gesprekke oorheers, pak die onweerswolke oor die besnoeiing van onderwysposte ook saam. Daar is baie gesprekke óór onderwys en onderwysers, maar min van hierdie gesprekke is mét onderwysers in die klaskamer,” sê dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van FEDSAS.
 Deacon sê sonder onderwysers is daar nie onderwys nie. “Terwyl openbare gesprekvoering in die media en ander platforms nodig is, is gesprekke by die skool net so belangrik. Gesels met onderwysers by jou naaste skool. Hoe raak die veranderende omgewing die werk van onderwysers? Watter impak het dit op die lewe van ’n onderwyser wie se pos botallig verklaar word? Watter planne en voorstelle het die mense wat dag ná dag die werklike onderrig doen?”
Op Wêreldonderwysersdag bring FEDSAS hulde aan onderwysers as die ware klaskamer-kampioene. 
“’n Openbare skool behoort aan die onmiddellike gemeenskap. Gaan maak hierdie Vrydag ’n draai by die skool of gebruik sosiale media om dankie te sê vir die verskil wat jou skool in jou gemeenskap maak.”