Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Die Outomobiel-Assosiasie (AA) het die verhoogde brandstofheffing van 4%, wat in die minister van finansies, Enoch Godongwana se begroting aangekondig is, veroordeel. Dit nadat ‘n verhoging van 3c per liter koolstofheffing reeds in April in werking getree het.
Volgens die AA sal dit vervoerkoste opjaag, voedselpryse hoër laat styg en meer druk op reeds sukkelende huishoudings plaas.

Op 4 Junie styg die algemene brandstofheffing, ingevolge die begroting, met 16 sent per liter vir petrol en 15 sent per liter vir diesel – wat die eerste verhoging in drie jaar is.
Die vereniging waarsku egter dat laerinkomstehuishoudings – wat ’n groter deel van hul inkomste aan vervoer bestee – die swaarste hierdeur getref sal word.
Deur dié verhoging het die tesourie nou R4-miljard van die tekort van R75 miljard van die vorige begroting “gevind”, maar dit beklemtoon ook dat die regering eerder burgers sal belas as om aan onnodige uitgawes te sny en die vervoerbedryf en motoriste gaan swaarkry.
Godongwana het geen verandering aan die Padongelukkefonds (POF)-heffing aangekondig nie, die tweede grootste belasting op plaaslike brandstof.
Soveel as 80% van goedere in Suid-Afrika word via padvrag gelewer, met hoër brandstofpryse wat ‘n groot impak op die finale koste van al hierdie gelewerde items sal hê.
Hierdie verhoging, gekombineer met verhogings van aksynsbelasting op alkohol en tabak met tussen 6,5% en 9%, weerspieël die regering se toenemende afhanklikheid van reeds oorbelaste belastingbetalers om inkomstegapings te verklein.