Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – PRETORIA - Die reuse- driedimensionele letters wat “Afrikaans” spel en ’n landwye draai gemaak het as deel van die 100ste bestaansjaarviering van Afrikaans as amptelike landstaal, het op 27 Mei eindelik by die Voortrekkermonument in Pretoria aangekom. 
Dié geskiedkundige oomblik is met groot opgewondenheid en trots gevier.

Ná ’n wye tiekiedraai tot in die Kaap en terug, is die Voortrekkermonument die trotse tuiste van dié letters vir die res van 2025. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en van die breër Solidariteit Beweging se instellings – wat elk op ’n unieke manier op die letters uitgebeeld word, het byeengekom om dié betekenisvolle gebeurtenis te vier. En natuurlik is dit nie ’n fees sonder musiek en ’n koek nie!
Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, is die aankoms van die Afrikaans-letters by die Kultuurtuiste nie net simbolies van ons diepgewortelde geskiedenis en taaltrots nie, maar ’n verklaring van ons verbintenis én verantwoordelikheid om ons moedertaal soos ’n helder brandende fakkel die toekoms in te dra. (Foto verskaf)