Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Vier klein babahondjies is Dinsdagoggend, in gietende reën, amper verkluim in ‘n kartonboks by ‘n kafee naby Brits Mall aan ‘n onbekende man oorhandig.
Die man, wat na bewering geen vaste adres het nie, het verbouereerd met die boks vol hondjies in sy hande gestaan en in gebroke Engels vertel dat ‘n vrou die boks vir hom gegee het en gesê het hy moet hulle vat. 
Brits Pos was op die toneel en dit was hartverskeurend om die vier bibberende hondjies so weerloos te sien.

Die man, wat steeds in gebroke Engels probeer verduidelik dat hy nie na hulle kan omsien nie, was baie dankbaar toe Brits Pos die hondjies by hom neem. Dié vier tefies, ongeveer 11-weke-oud, is na Brits Dierekliniek geneem, waar Marizan du Toit hulle met ope arms verwelkom het. Sy het dadelik ingespring en al vier die hondjies laat ontwurm, ‘n vlooi-en bosluisbehandeling, asook kos en water gegee. “Hulle was vreeslik dors en baie honger. Met magies vol, op warm kombersies was die dankbaarheid wat ek in al agt die blink ogies gesien het, vir my meer as genoeg,” sê Marizan wat persoonlik die hondjies se rekening gaan betaal. Brits Dierekliniek, werk nou saam met Hearts of Compassion, ‘n nie-winsgewende maatskappy wat diere in nood help, en Annalene Grundlingh het aan Brits Pos gesê sy wag net vir terugvoering van twee diere- welsynsorganisasies oor waar en wanneer hulle moontlik die hondjies gaan plaas. Die ideaal is natuurlik dat hulle aangeneem sal word. Skakel Brits Dierekliniek by 012 252 1265 vir moontlike aanneming. 
Intussen gaan Marizan van Brits Dierekliniek na die vier wesies omsien. Daar word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om met donasies te help. Enige bedrag, klein of groot sal hoog op prys gestel word. Bankbesonderhede: Brits Dierekliniek, FNB, Rek: 622 753 63077, Verwysing: 15293.
Vir die vrou wat so gewetenloos en wreed was om weerlose hondjies sommer net so agter te laat – as jy nie jou diere kan versorg en met respek kan behandel nie – dan verdien jy nie om die eienaar van troeteldiere te wees nie.
Teen druktyd het Marizan laat weet dat dit baie goed met die babas gaan.