Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS - Nachy Britz (29) is Maandag, 28 Oktober, in die Brits-landdroshof tot vyftien (15) jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat sy op twee aanklagte van bedrog skuldig bevind is. 
Tussen 2016 en 2018 het Britz niksvermoedende slagoffers bedrieg en mislei en hulle laat glo dat sy ‘n sakevrou is wat wettig luukse voertuie teen ‘n billike prys vanaf die Verenigde State van Amerika invoer. Die slagoffers het belangstelling getoon in van die voertuie wat Britz aan hulle voorgehou het.

Een slagoffer het Britz meer as R2,9 miljoen betaal om Ford Mustang-motors en Harley Davidson-motorfietse in te voer. Nog ‘n slagoffer, wat ‘n sakevennootskap met haar aangegaan het, het meer as R800 000 betaal om die voertuie in te voer. 
Ondersoek het aan die lig gebring dat Britz verskillende e-posrekeninge geskep het waaruit sy met die slagoffers sou kommunikeer en aan hulle vorderingsverslae oor die invoer van die voertuie gegee het. Nadat sy nie haar belofte nagekom het nie, is sy deur die slagoffers wat hul geld teruggeëis het, gekonfronteer. Britz het net daarin geslaag om sommige klaers terug te betaal wat sedertdien die aanklagte teen haar laat vaar het. Sy het egter versuim om twee slagoffers, wat sy steeds onderskeidelik R2,9 miljoen en R800 000 skuld, terug te betaal.
Die Direktoraat vir  Prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI), die Valke, die tak van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat georganiseerde misdaad, ekonomiese misdaad, korrupsie en ander ernstige misdaad ondersoek en tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die beskuldigde gelei het.
Nadat Britz ‘n reeks hofverskynings gemaak het, is sy gevonnis: Op aanklag 1: gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf, en op aanklag 2: tot 15 jaar gevangenisstraf. Die hof het gelas dat die vonnisse samelopend sal uitdien. Gevolglik sal die beskuldigde effektief 15 jaar tronkstraf uitdien en eers op ouderdom 44 vrygelaat word. 
Die Noordwes Valke se waarnemende hoof, brigadier Silas Munzhedzi en die direkteur van openbare vervolging in Noordwes, dr Rachel Makhari, het die vonnisoplegging verwelkom. Die twee het die ondersoek- en vervolgingspan geloof vir ‘n suksesvolle skuldigbevinding.