Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Proudly Madibeng, ‘n nie-winsgewende maatskappy, is deur ‘n groep besigheideienaars van Brits gestig, met die doel om aktief en volhoubaar, ondersteuning te bied tot die instandhouding en opgradering van basiese dienste, paaie en die verbetering van algemene veiligheid in die Madibeng-gemeenskap.
Besigheideienaars was gemotiveer deur die feit dat hulle derduisende rand in hul onderskeie besighede belê en deur die dorp ten gronde te laat gaan, sal net negatiewe implikasies op hul besighede tot gevolg hê.

In samewerking met die plaaslike munisipaliteit, Brits Polisie en gemeenskappolisiëringforums het dié inisiatief reeds ‘n positiewe verandering in die dorp tot gevolg gehad.
Die eerste suksesvolle projek was die opknapping en instandhouding van Maree Park (Van Deventerstraat), Tielman Park (Van Veldenstraat), Karee Park (Maroelaweg) met die aanplant van blomme en struike, die lê van plaveisel, oprig van heinings asook die ontbossing en opknapping in Carel de Wetweg.
Die tweede projek wat suksesvol vorder is die opgradering langs die R511 (in die omgewing van Brits Mall), met die oprigting van veiligheidspale langs die pad, die instandhouding van die middelman, sny van gras en aanplant van blomme, asook die konstruksie van die Proudly Madibeng-waterval.
Verskeie projekte met groot verbetering word vir die toekoms beplan, maar om die volhoubaarheid van die inisiatief te verseker, is dit broodnodig dat meer mense, besigheideienaars en individue aan boord kom.
Op die vraag waarom jy die Proudly Madibeng-projek moet ondersteun, dit terwyl jy munisipale tariewe betaal? Die antwoord lê in dieselfde rede waarom mens ‘n mediesefonds of ‘n sekuriteitsmaatskappy betaal – om jou eie omstandighede te verbeter.
Bydraes kan maandeliks gedoen word, daar is geen winsbejag nie en die finansiëlestate is deursigtig. Klik op die skakel: https://pos.snapscan.io/qr/jSQd5Xu4 of besoek die webwerf  www.proudlymadibeng.co.za om die Commitment Form af te laai. Vir meer navrae oor die inisiatief, stuur ‘n WhatsApp na 076 466 4897 of epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.