Danie Booyjens word deur Jerry Bouwer, uitvoerende hoof van Hartbeespoort Emergency Medical Service, by ons bekend as HEMS, gelukgewens met 20 jaar as gevorderde lewensondersteuning-paramedikus by HEMS.
Twee dekades waarin hy talle lewens gered het en steeds red.
Danie se omgee vir ander en ware toewyding aan sy taak en beroep en ook hoe hy spanlede se lewens aanraak is baie spesiaal. (Foto verskaf)