BRITS POS – BRITS – Die uiters talentvolle 17-jarige, Demarié Pieterse van Brits, is onlangs by Universal Music Group (platemaatskappy) as hul jongste kunstenaar geteken.
“Demarié het ‘n liedjie opgeneem wat só na aan haar hart is (black Coffee), vertel haar ma, Sorita en pa, Dewit, “en dié opname is op die regte tyd deur die regte mense gesien.”
Demarié is ook tans een van hul jongste liedjieskrywers.
“Ons is opgewonde vir haar toekoms in die musiekbedryf. Sy gaan nog groot golwe in Suid-Afrika maak en haar droom is om ook in Nashville, Tennessee in die VSA haar buiging te maak.”