BRITS POS – LEEUPOORT – Na deurdrengede reën wat die afgelope maand verwoesting gesaai het, is Leeupoort Vakansie dorp tussen Koedoeskop en Mabula Game Lodge aan die R516 in Limpopo-provinsie, nie daarvan vrygestel nie.
Paaie en ‘n brug het weggespoel, maar daar is inwoners met flink hande en moenie die afgetredenes onderskat nie. Met ‘n blou trekker en padskraper gehak word korte mette gemaak om die beskadigde paaie te skraap en te herstel.
“Die noodbrug om Leeupoort weer met die buitewêreld te verbind is ‘n triomf vir die padspan,”sê Riekie Boshoff, “en ‘n baie groot dankie aan almal wat so hard werk om Leeupoort weer op te bou, dankie vir hulp, geld en ondersteuning.” (Foto’s: Facebook)