BRITS POS – SONOP – “Daar is goeie nuus vir Sonop se inwoners en indien daar nie verdere uitdagings is nie, sal Sonop se kragtoevoer eersdaags herstel wees,” sê Elsa Lourens,
VF+ raadslid van Bojanala Platinum Distriksraad en ook raadslid van Madibeng plaaslike munisipaliteit wat aktief betrokke was om hierdie reëlings te laat gebeur.
“Die hoofsubstasie word heruitgerus en die transformator wat gesteel is, word ook vervang.
Oorhoofse-kabels gaan gespan word om ondergrondse kabels te vervang. kabels en minisubs in die woongebiede wat geplunder is, word ook vervang en herstel,” sluit Elsa Lourens af.