Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Elsabé Klein van die Brits Pos, se seun, Ruben (21), was Vrydag, omstreeks 18:30 in ‘n baie ernstige ongeluk op die Brits/Sonoppad betrokke.
Hy was op sy motorfiets van die vulstasie aan die Sonoppad op pad na Brits toe, toe ‘n bakkie hom getref het. Ruben het in die veld langs die pad gelê toe Big D-insleepdiens en HEMS op die toneel aankom.

Hy is op die toneel behandel en na Mediclinic Brits vir behandeling gehaas.
Nadat Ruben in ongevalle opgeneem is met kritieke beserings en gestabiliseer is, is hy deur HEMS na die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria vir spesialisbehandeling vervoer onder die wakende oog van HEMS-paramedikus, Danie Booyjens.
By die hospitaal aangekom is hy in intensiewe sorg opgeneem.
Talle skanderings en toetse is gedoen en bevind dat Ruben geweldig baie beenbreke opgedoen het.
Saterdagoggend 03:00 het die neurochirurg aan diens die nuus oorgedra dat die impak van die ongeluk Ruben se spinalekoord gebreek het. Volgens dié dokter is hy verlam.
Sondagaand omstreeks 23:00 is Ruben in die teater opgeneem waar twee neurochirurge en ‘n ortopeed hom ingewag het om die nodige noodsaaklike mediese prosedures aan sy femur, regter armgewrig en rugwerwels, met erge skade aan sy rugmurg moes uitvoer. Na die prosedures van langer as ses ure, is Ruben aan ‘n ventilator gekoppel en onder sedasie geplaas, maar al die dokters is tevrede met sy toestand en hy is stabiel. Soos sy toestand verbeter, sal die sedasie geleidelik verminder word.
“Hy het reeds die dood oorwin en as hy sy kop lig, sal Ruben van die wonder van God getuig,” sê Elsabé.
Elsabé bedank die duisende mense wat saam bid op ‘n wonderwerk vir Ruben se herstel. Dankie ook vir al sy vriende en kenisse (en sy kabinet van ministers - hulle weet wie hulle is). 
Sy vriende het ook vir Ruben ‘n backabuddy (fondsinsameling) geskep vir vrywillige bydraes. https://www.backabuddy.co.za/campaign/fight-vir-ruben