Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – MAMOGALESKRAAL - Hoenderhaan James het groot moeilikheid veroorsaak by ‘n kompleks in Hartbeespoort, tot die 7-jarige Liam, seun van Tobias en Nadia de Villiers tot sy redding gekom het. 
Inwoners het hom verjaag, want hy het, soos ‘n hoenderhaan nou maar maak, al die blomme in die tuine uitgeskrop en van 03:00 in die oggende begin kraai, wanneer dorpsmense nog wil slaap.

Maar by die huis in die hoek het Liam reggestaan om hope liefde en aandag te gee. En toe begin haantjie op die voertuie loop en sy lang naels het krapmerke gelaat en daar en dan moes daadwerklik ‘n plan met James gemaak word en waar anders as op die plaas by sy oupa Johan en ouma Alta Terblanche op Mamogaleskraal? Sommer gou het James hom ingeburger en tuis gemaak op die plaas, met genoeg grond om bedags in te skrop, baie goggas en die plaasrustigheid en natuurlik baie bederfies. “Sodra die son begin sak, kom hy in die huis in en gaan sit voor die TV en wanneer hy voel dit is slaaptyd, vlieg hy tot bo-op die yskas om te dut,” vertel Alta, “en wanneer dit donker genoeg is, word hy opgetel en vat Johan en ek hom stoor toe vir ‘n welverdiende nagrus.
“Hier op die plaas het hy ons almal se harte gesteel en hy kry baie aandag en liefde en is deel van die familie en Liam kom kuier gereeld. Nou is hy ‘n werfhoender én baas van die plaas,” vertel Alta skalks. ‘n Vrou wat ons wéét, al talle babageveerdes grootgemaak het. (Foto’s verskaf)