BRITS POS – BRITS – As deel van hul betrokkendheid in die gemeenskap het die personeel en paramedici van HEMS, in samewerking met verskeie borge en vrywilligers, op Oukersdag en Kersdag kinderhartjies verbly.
Groot was die opwinding toe Kersvader met ‘n sleepwaentjie vol bederfpakkies, begelei deur HEMS se Station 21 brandweerwa, ambulanse met loeiende sirens en ander voertuie deur die strate van Brits gery het en honderde pakkies aan kinders uitgedeel het.
Volgens die bestuur van HEMS was dit vir hulle ‘n voorreg om Kersfees vir kinders so bietjie meer spesiaal te kon maak én die beste manier om vreugde te ervaar, is om dit aan iemand anders terug te gee.