Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – MOOINOOI – Omstreeks 02:30, Woensdag, 27 Maart, het ‘n paartjie wat ‘n huis op ‘n plaas huur, net van die R104 af, rigting Brits en sowat 4km van Mooinooi, wakker geword van hulle honde wat onophoudelik buite geblaf het.
Toe hulle nie die honde stilgemaak kon kry nie, is hulle na buite waar twee mans hulle ingewag en met stomp voorwerpe aangerand en hulle ernstig beseer het.
Volgens Magalies Oos Radiogroep, wat deur die eienaar gekontak is en dadelik na die toneel gehaas het, het hulle op die ernstig beseerde man en vrou afgekom.

Die verdagtes het op die vlug geslaan met ‘n TV en skootrekenaar. 
Dit is nog nie duidelik of enigiets anders geroof is nie en volgens die spore op die toneel is die verdagtes sowat 200m van waar hulle deur die omheining toegang verkry het deur dit te knip, deur ‘n voertuig opgepik.
Die paar is deur ER24 na ‘n hospitaal vir mediese behandeling vervoer.
(Teen druktyd kon die inligting nie met die polisie bevestig word nie, ook nie of ‘n saak geopen is nie.)